22 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 22-10-2026 só ingevul:
My sussie se kind is die kleinste ........ in die familie.
Cilliers'tjie Cilliersjie of Cilliers'jie Cillierskie Cillierstjie
Eiename wat eindig op "rs" wat nie uitgespreek word nie, kry 'n verkleiningsvorm met "-'tjie". In Afrikaans word "Cilliers" uitgespreek as 'sil-jee'.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
ʼn Leërkamp in die oop veld waar soldate oornag, meestal sonder tente, staan bekend as 'n ........ .
bievak bifak bivak biefak
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “f” en “v”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Ons moet ........ huis toe voor ons natreën.
voetslaan voet slaan foetslaan voet-slaan
ʼn Samestelling ("oogarts") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("voet" en "slaan") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die ........ wat ons van die produksie gekry het, was baie positief.
terugvoer of terugvoering slegs terugvoering slegs terugvoer slegs uitvoering
Volgens die AWS is die woorde "terugvoer" en "terugvoering" albei korrek en word as wisselvorme beskou, hoewel ander bronne 'n onderskeid mag maak. ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe skryfwyse van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “terugvoer – terugvoering”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”; “teweegbring – teweeg bring”.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)