0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 29-10-2026 (vlak 3)



vorige toets 29 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 29-10-2026 só ingevul:



Sarel het hom ........ toe hy hoor die boelie is uitgevang.
1 % (afgerond)geverkneukel
ferkneukel
98 % (afgerond)verkneukel 
geferkneukel

"Verkneukel" beteken om 'stilletjies lekker te kry oor iets'.
Woorde wat met "be-", "ge-", "her-", "er"-, "ont-" en "ver-" begin, kry nie 'n "ge-" in die verlede tyd nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Sy is 'n ........ van 'n laevetdieet.
62 % (afgerond)voorstander 
38 % (afgerond)voorstaander

Die woorddeel "-stander" verwys gewoonlik na 'n persoon (omstander, teenstander, buitestander), terwyl "-staander" na lewelose objekte verwys (boekstaander, sambreelstaander, lampstaander).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die presidentskandidaat het die beoogde ........ die kern van sy veldtog gemaak.
20 % (afgerond)12-nasie-transpasifiese vennootskap
43 % (afgerond)12-nasie- transpasifiese vennootskap 
5 % (afgerond)12 nasie transpasifiese vennootskap
32 % (afgerond)12-nasie-transpasifiese-vennootskap

Afstandsamestellings moet volgens die jongste AWS met ʼn koppelteken geskryf word. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“transpasifiese”) sou dit vas geskryf word as “12-nasievennootskap” (AWS 12.25).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Willemien het nagelaat om haar ........ te verklaar.
2 % (afgerond)slegs privaat-inkomste
15 % (afgerond)slegs privaat inkomste
24 % (afgerond)slegs privaatinkomste
59 % (afgerond)privaat inkomste of private inkomste 

"Privaat" is 'n byvoeglike naamwoord en word in die reël los van 'n selfstandige naamwoord geskryf. "Privaatreg" is 'n uitsondering.

Sien ook die bladsy Wisselvorme.



TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties