02 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 02-11-2026 só ingevul:
Die boer gee sy beeste bykomende ........ in die winter.
fur foer voer vur
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Hoeveel ........ is daar in 'n simfonieorkes?
viols viools viole violens
Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is, kry ’n “-e” in die meervoud, byvoorbeeld "viool - viole", "deur - deure" en "gesang - gesange" (AWS 13.2).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die bekende kunstenaar en TV-persoonlikheid Coenie ........ het die eer gehad om die toekenning aan die sanger Rafentse te oorhandig.
de villiers de Villiers de Williërs De Villiers
Indien vanne uit twee los geskrewe dele bestaan, begin elke deel met 'n hoofletter. As 'n voorletter of voornaam dit voorafgaan, begin slegs die laaste deel van die van met 'n hoofletter (byvoorbeeld "Coenie de Villiers").
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Hy het met sy hele ........ aan die tak gehang.
geweeg gewug gewig
Dit wat ’n mens "weeg", is jou "gewig". Die verlede tyd van "weeg" is "geweeg".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)