03 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 03-11-2026 só ingevul:
Die korrekte plekke om die woord "derduisende" af te breek is ........ .
der-dui-sen-de derduis-ende der-duis-ende
Woorde word volgens lettergreepverdeling afgebreek, byvoorbeeld “der-dui-sen-de", "be-sproei-ing”; “kroeg-toon-bank”; “sit-ka-mer-stel”.
Sien ook die bladsy Woordafbreking.
Sodra ons by die huis kom, trek ons ons ........ uit.
kerk klere kerkkleure kerkklere kerk kleure
ʼn Samestelling (“kerkklere”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“kerk” en “klere”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Markus en sy Mexikaanse niggie praat altyd ........ met mekaar.
spaans Spaans
Taalbenaminge begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Idioom: Dit is ........ op my wonde.
gal salf asyn pleisters
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)