04 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 04-11-2026 só ingevul:
Hulle het 'n nuwe ........ ontwikkel om melk langer vars te hou.
procédé procede procedé
Sommige woorde van vreemde herkoms word met 'n akuut gespel soos wat dit in die oorspronklike taal voorkom.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.
Die pianis speel J.S. Bach se Prelude en Fuga in ........ .
C# mineur C#-mineur of C-kruismineur C#-mineur C-kruismineur
Samestellings met 'n simbool ("C#-mineur") word met 'n koppelteken geskryf.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Kijif is die hoofstad van ........ .
die Ukraïne Oekraïne Ukraïne die Oekraïne
Name van onafhanklike lande word nie voorafgegaan deur die lidwoord "die" nie. Ons skryf dus "Kongo" (en nie "die Kongo" nie) en "Soedan" (en nie "die Soedan" nie). Lees meer oor Oekraïne by: https://af.wikipedia.org/wiki/Oekra%C3%AFne Let daarop dat die spellings "Kijif" en "Kiëf" albei in Afrikaans aanvaar word.
Sien ook die bladsy Plekname.
Idioom: Op die ........ lê.
vloer grond loer bed
Die idioom "op die loer lê", beteken 'heimlik op die uitkyk wees'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)