2906 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-03-2024 (vlak 2)



vorige toets 18 MRT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-03-2024 só ingevul:



Die voorsitter het deur sy beheerste optrede die twee partye ontlont.
Wat is die woordsoort van "ontlont" in bostaande sin?


68 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 
5 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord
9 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord
18 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord

In ’n sin met ’n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die voorsitter het die twee partye ontwapen. ’n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Die siekte waaraan Stephen Hawking en Joost van der Westhuizen gely het, staan bekend as ........ .


95 % (afgerond)motorneuronsiekte 
4 % (afgerond)motor-neuronsiekte
1 % (afgerond)motor neuronsiekte
motor neuron siekte

ʼn Samestelling (“motorneuronsiekte”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“motor”, “neuron” en “siekte”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Henriette het gesê sy gaan ........ van room en sjokolade vir die partytjie maak.


11 % (afgerond)horingkies
81 % (afgerond)horinkies 
8 % (afgerond)horingtjies
horingetjies

Die “-kie”-morfeem word net in verkleiningsvorme gebruik wanneer daar ʼn “ng”-klank aan die einde van ʼn meerlettergrepige woord voorkom; die “g” word dan vervang met “-kie”, byvoorbeeld “horing” word “horinkie”.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Idioom: In die ........ byt.


97 % (afgerond)stof 
2 % (afgerond)lug
klei
grond

Hierdie idioom beteken 'om te verloor'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties