21 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-02-2019 só ingevul:
Redi het haar bekken beseer toe sy van die leer afgeval het. 'n Sinoniem vir die woord "bekken" in bostaande sin is:
koksis dybeen skeen pelvis
Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "bekken - pelvis".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Die Springbokke het Saterdag die ........ vertoning van die jaar gelewer.
mees power mees powerste powerste meer powerste
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “power”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “powerder” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die powerste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Kaapstad is in die ........ geleë.
wekaap Weskaap Wes-Kaap wes Kaap
Indien rigting in 'n naam aangedui word, begin die rigtingkomponent ook met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
My sleutels is al weer weg. Wat is die woordsoort van "weg" in bostaande sin?
'n Attributiewe adjektief staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “'n ongepoetste vent”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die sleutels is weg".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)