3177 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-04-2024 (vlak 2)



vorige toets 18 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-04-2024 só ingevul:



Wanneer jy iets terstond doen, doen jy dit ........ .


5 % (afgerond)met teenstand
1 % (afgerond)staande
13 % (afgerond)binnekort
81 % (afgerond)dadelik 

"Dadelik" en "terstond" is sinonieme. 'n Ander sinoniem vir "dadelik" is "onmiddellik".
Sien ook die bladsy Sinonieme.




Ons moes tydens ons vakansie in Rusland op een van die ........ paaie ry.


1 % (afgerond)onbegaanbaar
5 % (afgerond)mees onbegaanbaar
74 % (afgerond)onbegaanbaarste 
19 % (afgerond)mees onbegaanbaarste

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “onbegaanbaar”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “onbegaanbaarder” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die onbegaanbaarste”. Sommige trappe van vergelyking volg egter nie die patroon nie, byvoorbeeld “goed” (stellende trap), “beter” (vergrotende trap) en beste (oortreffende trap).
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Die ........ neem al drie weke lank aan 'n staking weens 'n loongeskil deel.


5 % (afgerond)slegs busdrywers
38 % (afgerond)slegs busbestuurders 
57 % (afgerond)busdrywers of busbestuurders

Hoewel die woord "drywer" in die omgangstaal baiekeer in plaas van "bestuurder" gebruik word, word dit nie aanbeveel nie, byvoorbeeld "vragmotorbestuurder", "busbestuurder". Die persoon wat in beheer van 'n trein is, is 'n "masjinis". 'n Sinoniem vir motorbestuurder is "motoris".

Sien ook die bladsy Persoonsname.




Die egpaar is steriel en kan nie kinders kry nie.
Wat is die woordsoort van "steriel" in bostaande sin?


54 % (afgerond)byvoeglike naamwoord 
26 % (afgerond)selfstandige naamwoord
7 % (afgerond)werkwoord
13 % (afgerond)bywoord

’n Adjektief of byvoeglike naamwoord beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “steriele” egpaar. Adjektiewe het meestal ook trappe van vergelyking, hoewel die woord "steriel" nie trappe van vergelyking het nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
62% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties