3149 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 01-05-2024 (vlak 3)



vorige toets 01 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-05-2024 só ingevul:



Petra mag nie 'n nuwe kar koop ........ tensy sy en Ben trou.


2 % (afgerond)nie:
23 % (afgerond)nie;
61 % (afgerond)nie, 
14 % (afgerond)nie

Kommas word gebruik voor 'n voegwoord in gevalle waar die tweede sin 'n teenoorgestelde gedagte uitdruk.
Sien ook die bladsy Komma.




Sy het haar hoërskoolloopbaan aan 'n ........ voltooi.


1 % (afgerond)meisies skool
17 % (afgerond)meisiesskool
meisies-skool
82 % (afgerond)meisieskool 

As die eerste komponent van 'n samestelling in die enkelvoud nie op 'n "-s" eindig nie en die tweede komponent met 'n "s" begin, word 'n verbindings"-s" nie geskryf nie.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




Die sogenaamde Sonkoning, wat in Frans 'Louis XIV' heet en tussen 1638 en 1715 vir 72 jaar oor Frankryk regeer het, staan in Afrikaans bekend as ........ .


11 % (afgerond)Louis XIV
88 % (afgerond)Lodewyk XIV 
1 % (afgerond)Ludwig XIV
Ludovic XIV

Die Afrikaanse benaming vir Louis XIV is Lodewyk XIV. Verwysing: http://af.wikipedia.org/wiki/Lodewyk_XIV_van_Frankryk
Sien ook die bladsy Persoonsname.




Idioom: Ai, hy kon met hierdie geskenk net sowel ........ na Noorweë gestuur het!


8 % (afgerond)pilare
71 % (afgerond)balke  
11 % (afgerond)skoene
10 % (afgerond)gordels

Die idioom "om balke na Noorweë te stuur" beteken 'om vir iemand iets te stuur waarvan hy baie het'.
In Engels is dit "send coals to Newcastle".
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties