2392 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 13-02-2025 (vlak 2)



vorige toets 13 FEB Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-02-2025 só ingevul:



My suster-hulle se huis is in 'n ........ .
89 % (afgerond)cul-de-sac 
9 % (afgerond)cul-de-suc
2 % (afgerond)koel-de-sak
koel-de-suk

'n Ander woord vir "cul-de-sac" is "doodloopstraat". 'n Ander woord vir "cul-de-sac" is "doodloopstraat" en kom uit Frans. Sommige vreemde woorde behou hul oorspronklike spelling. Volgens HAT6 word dit uitgespreek as "kuul-de-sak".
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



Die mense wat in die township woon, is ........ as die mense wat in die voorstede woon.
mees arm
98 % (afgerond)armer 
1 % (afgerond)armste
meer armer

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “arn”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “armer” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die armste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Kranksinnigheid veroorsaak deur dwepery met godsdiens, word ........ genoem.
7 % (afgerond)slegs Godsdienswaansin
31 % (afgerond)slegs godsdienswaan
59 % (afgerond)slegs godsdienswaansin 
2 % (afgerond)slegs Godsdienswaan

Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Die populêre naam van die nasionale kunstefees wat jaarliks in en om Mbombela plaasvind, is ........ .
2 % (afgerond)Op die vlakte
In die woud
5 % (afgerond)In die bos
93 % (afgerond)Innibos 

Die korrekte spelling van die naam van die kunstefees op Mbombela (voorheen Nelspruit) is Innibos.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties