02 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-05-2024 só ingevul:
Jy sal jou wandelstok nodig hê as jy die ........ wil uitklim.
skuinste
skuinsste
Die woorde "skuinsste" en "skuinste" word dikwels verwar en verkeerdelik as wisselvorme gebruik. "Skuinsste" is die oortreffende trap van "skuins"; 'n "skuinste" is 'n helling of 'n op- of afdraande.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Ná die inbraak moes ek 'n ........ by die polisie aflê.
Die “-kie”-morfeem word net in verkleiningsvorme gebruik wanneer daar ʼn “ng”-klank aan die einde van ʼn meerlettergrepige woord voorkom; die “ng” word dan vervang met “-kie”, byvoorbeeld “koning” word “koninkie”.
Ons sal vir ........ kon vra om waar te neem as voorsitter.
van der merwe Van der Merwe
van der Merwe
Van Der Merwe
Indien vanne uit drie los geskrewe dele bestaan, begin die eerste en laaste deel met 'n hoofletter en die middelste deel met 'n kleinletter (byvoorbeeld "Van der Walt"). As 'n voorletter of voornaam dit voorafgaan, begin slegs die laaste deel van die van met 'n hoofletter (byvoorbeeld "Pieter van der Walt").
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
'n Skryfteken wat hoofsaaklik gebruik word om aan te dui hoe 'n spesifieke letter uitgespreek word, noem jy 'n ...
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)