4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-12-2018 (vlak 2)



vorige toets 20 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-12-2018 só ingevul:



Die ........ van die plaaslike sinagoge dra altyd swart.


4 % (afgerond)rabi
92 % (afgerond)rabbi 
1 % (afgerond)rabie
4 % (afgerond)rabbie

Vreemde woorde ("rabbi") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.




Ons bure is heelwat ........ as ons; hulle hou omtrent elke aand partytjie.


rof
meer rowwer
1 % (afgerond)meer rof
98 % (afgerond)rowwer 

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “rof”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “rowwer” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die rofste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Die ........ was te oulik toe sy die ring aan die bruid gee.


19 % (afgerond)klein blommemeisie
78 % (afgerond)blommemeisietjie 
2 % (afgerond)blommemeisiekie
bloemmeisienkie

Woorde wat op ’n tweeklank of “-ie” eindig, kry “-tjie” in die verkleiningsvorm (AWS 17.5). Die woord "meisie" is inderwaarheid reeds 'n verkleiningsvorm. In Afrikaans verdubbel ons dus die verkleiningsvorm omdat ons nie meer die woord "meisie" as 'n verkleiningsvorm beskou nie.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Hy het 'n vae beskrywing van die huis gegee.
Wat is die woordsoort van die woord "vae" in bostaande sin?


63 % (afgerond)attributiewe adjektief 
8 % (afgerond)adverbiale adjektief
28 % (afgerond)predikatiewe adjektief

'n Attributiewe adjektief staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “'n vae beskrywing”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die beskrywing is vaag".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties