4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-12-2018 (vlak 2)



vorige toets 24 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 24-12-2018 só ingevul:



Candice wil Vrydagaand uitgaan.
Wat is die woordsoort van "uitgaan" in bostaande sin?


47 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord 
34 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord
8 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord
11 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord

In ’n sin met ’n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die slang pik vir Nomsa. ’n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Candice wil Vrydagaand uitgaan.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Hierdie bydraes was die motivering vir die ........ van die span.


64 % (afgerond)reuse sukses
reus sukses
4 % (afgerond)reuse-sukses
32 % (afgerond)reusesukses 

Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.

Sien ook die bladsy Samestellings.




Die Kelte glo in ........ wat in die bos bly.


1 % (afgerond)elfjes
98 % (afgerond)elfies 
elftjies
elfietjies

Woorde wat eindig op “f”, “g”, “k”, “p”, of “s” wat voorafgegaan word deur ʼn kort uitgespreekte “a”, “e”, “o” of “u”, kry ʼn “-ie” in die verkleiningsvorm, en die voorafgaande konsonant word verdubbel omdat dit dan in ʼn geslote lettergreep voorkom (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Idioom: Jy laat die persoon die ........ dans.


51 % (afgerond)horrelpyp 
7 % (afgerond)wals
36 % (afgerond)tango
6 % (afgerond)snuifpyp

Die idioom beteken 'iemand 'n pak slae gee'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
57% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties