4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 15-02-2019 (vlak 2)



vorige toets 15 FEB Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 15-02-2019 só ingevul:



........ speel ek skaak.


donnerdae
98 % (afgerond)Donderdae 
donderdae
1 % (afgerond)Donnerdae

Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke (soos die "n" en die "d" in "Donderdag") eenders uitgespreek en geskryf word.
Sien ook die bladsy Assimilasie.




Idioom: Die muggie uitsif, maar die ........ insluk.


69 % (afgerond)kameel 
13 % (afgerond)reier
5 % (afgerond)ooievaar
13 % (afgerond)perd

Die idioom "die muggie uitsif, maar die kameel insluk" beteken dat jy iemand anders se klein foutjie veroordeel, maar self 'n groot sonde skaamteloos begaan het.
Die Engels is: "Strain at a gnat and swallow a camel".
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Mario spel altyd " ........ " verkeerd.


24 % (afgerond)e-pos boodskap
14 % (afgerond)eposboodskap
58 % (afgerond)e-posboodskap 
4 % (afgerond)epos boodskap

Om verwarring te voorkom, word "e-pos" met 'n koppelteken geskryf. "Epos" (sonder 'n koppelteken) is 'n 'verhalende gedig waarin heldedade breedvoerig beskryf word'.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Die hond blaf vir sy refleksie in die venster.
'n Sinoniem vir "refleksie" in bostaande sin is ........ .


98 % (afgerond)weerkaatsing 
1 % (afgerond)skynsel
skakering
gedaante

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "refleksie - weerkaatsing".
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties