4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 21-01-2019 (vlak 3)



vorige toets 21 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 21-01-2019 só ingevul:



'n Sinoniem vir die woord "firmament" is ........ .


2 % (afgerond)vermaan
78 % (afgerond)uitspansel 
6 % (afgerond)horison
14 % (afgerond)verdigsel

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




Waar die ........ nie is nie, word die baard nie geskeer nie.


45 % (afgerond)kwas
17 % (afgerond)skeermes
8 % (afgerond)skeerroom
30 % (afgerond)hoof 

Die idioom "waar die hoof nie is nie, word die baard nie geskeer nie, beteken 'as 'n mens jou belange nie behartig nie, word dit verwaarloos'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die ........ het het binne sekondes ná lansering die vuurpyl van sy koers laat afwyk.


38 % (afgerond)Proton M-vuurpylaanjaer
2 % (afgerond)Proton M vuurpylaanjaer
44 % (afgerond)Proton-M-vuurpylaanjaer 
15 % (afgerond)Proton-M vuurpylaanjaer

Die naam van die vuurpyl is "Proton-M". In 'n samestelling kom daar dus nog 'n koppelteken om die res van die woord aan die eerste deel te koppel, "Proton-M-vuurpylaanjaer".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Mense wat verpleegkunde studeer, behaal gewoonlik die graad BCur. Waarvoor staan die akroniem?


63 % (afgerond)Baccalaureus Curationis 
17 % (afgerond)Baccalaureus Curationii
6 % (afgerond)Baccalaureus Curasionis
13 % (afgerond)Bacalaureus Curationis

'n Omvattende lys van afkortings en akronieme is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Akronieme.




TOTAALRESULTAAT:
54% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties