4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 23-01-2019 (vlak 2)



vorige toets 23 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 23-01-2019 só ingevul:



Wanneer jy registreer, ontvang jy 'n ........ .


4 % (afgerond)studente nommer
7 % (afgerond)studentnommer
88 % (afgerond)studentenommer 
studentsnommer

By samestellings wat 'n verpligte verbindingsklank neem, is dit 'n fout indien 'n verbindingsklank nie tussen die komponente van die samestellings geskryf word nie.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




'n Gereelde luisteraar van Carletonville, mnr. Frikkie Meyer van Gousblomstraat 10 ........ skryf hy is veral lief vir die bonsai-kuns en het sy eie styl ontwikkel.


11 % (afgerond)geen leesteken
86 % (afgerond), 
3 % (afgerond):
1 % (afgerond).

'n Komma word gebruik by 'n bysin of toevoeging wat uitbrei op dit wat reeds genoem is.
Sien ook die bladsy Komma.




Gewapende inwoners het ook die burgemeester vir sowat agt ure lank ........ .


31 % (afgerond)as gyselaar gehou 
1 % (afgerond)vergysel
64 % (afgerond)gyselaar gehou
4 % (afgerond)vir gyselaar aangehou

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “as gyselaar hou”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”. Dit is belangrik om daarop te let dat die woord "as" saam met die kollokasie "as gyselaar hou" gebruik word.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Die juwelier het my verlede week meegedeel dat ........ 'n duur edelsteen is.


86 % (afgerond)smarag 
12 % (afgerond)Smarag
1 % (afgerond)Smerag
1 % (afgerond)smerag

Benamings van edelstene (wat dus goud, silwer, diamant en saffier insluit) word altyd met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties