4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 25-01-2019 (vlak 2)



vorige toets 25 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-01-2019 só ingevul:



Die ........ van Kaapstad gaan môre die gemeenskap in die Athlone-stadion toespreek.


63 % (afgerond)burgemeester 
burgemeuster
37 % (afgerond)burgermeester
burgermeuster

Wanneer ’n mens (verkeerdelik) ’n ekstra klank in ’n woord uitspreek en skryf, noem ons dit klanktoevoeging, byvoorbeeld die "r" in "agterlosig" in plaas van die korrekte "agtelosig" en die tweede "r" in "burgermeester" in plaas van die korrekte "burgemeester".
Sien ook die bladsy Invoeging van konsonante of vokale.




Idioom: Moenie al die ........ uit een pot krap nie.


12 % (afgerond)aartappels
7 % (afgerond)groente
37 % (afgerond)vleis
44 % (afgerond)aanbrandsel 

Die idioom "moenie al jou aanbrandsel uit een pot krap nie" beteken 'moenie al jou middele in eenslag aanwend nie.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die bekende gereg van maalvleis, groente en kapokaartappels noem ons 'n ........ .


95 % (afgerond)herderspastei 
herder-pastei
1 % (afgerond)herders pastei
4 % (afgerond)herderpastei

Sommige samestellings word met 'n verbindings-s geskryf, ander daarsonder en by sommige is die verbindings-s opsioneel.
Interessant om te weet: "pastei" (met al sy samestellings; 'wilds-'; 'hoender-'; 'spinasie-' ensovoorts) is die enigste woord in Afrikaans wat op "-stei" eindig.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




Winnie het vir haar gesin 'n ........ in die berge bespreek.


1 % (afgerond)sjalet
79 % (afgerond)chalet 
20 % (afgerond)chalet of sjalet

Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.




TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties