4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 05-02-2019 (vlak 2)



vorige toets 05 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-02-2019 só ingevul:



Die kind het sy ........ stukkend geval.



81 % (afgerond)knietjie 
6 % (afgerond)kniekie
12 % (afgerond)knie'tjie
kniedjie

Woorde wat op ’n tweeklank of “-ie” eindig, kry “-tjie” in die verkleiningsvorm (AWS 17.5).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Die onderwyser het die leerders oor hul swak eksamenuitslae ........ .



9 % (afgerond)skropbeer
43 % (afgerond)skrobbeer 
48 % (afgerond)skrobeer

As ’n stam van ’n woord uitgaan op [a], [ε], [ͻ], [ә] of [œ] en ’n konsonant, word die konsonant in die afleidings verdubbel, byvoorbeeld “skrobbeer”, “detailleer”, “blikkie”, “beddens”, “kramatte” (AWS 11.26).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.




Die ........ wat die beskuldigde verteenwoordig, is Jaap Cilliers.


1 % (afgerond)advocaat
90 % (afgerond)advokaat 
Advocaat
9 % (afgerond)Advokaat

Waar aanhefvorme sonder 'n daaropvolgende eienaam nie as aanspreekvorme gebruik word nie, word dit met 'n kleinletter geskryf. Die woord "advokaat" is 'n regsverteenwoordiger in 'n hooggeregshof. Die woord "advocaat" is 'n soort drank.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Rhoda is ........ na die telefoonnommer van die bekende teler in Kaapstad.



50 % (afgerond)opsoek
50 % (afgerond)op soek 
op-soek

In die sin "op soek na" word "op soek" los geskryf; in die werkwoordvorm "ek moet iets opsoek" word dit vas geskryf.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties