4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 07-02-2019 (vlak 2)



vorige toets 07 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-02-2019 só ingevul:



As die gehoor baie beïndruk is met ’n solis se spel, sal hulle " ........ " skree, en die solis sal ’n toegif speel.


3 % (afgerond)ankor
89 % (afgerond)encore 
2 % (afgerond)enkor
7 % (afgerond)ancore

Vreemde woorde ("encore") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.




Dis tyd vir my ........ wandeling teen die koppie.



1 % (afgerond)daagliks
dagliks
3 % (afgerond)daglikse
96 % (afgerond)daaglikse 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Die ........ van Kaapstad is weer vandag onder skoot.


24 % (afgerond)burgermeester of Burgermeester
9 % (afgerond)burgemeester of burgermeester
9 % (afgerond)Burgemeester of Burgermeester
58 % (afgerond)burgemeester of Burgemeester 

'n Ampsbenaming wat na 'n individu verwys, begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.




Die maatskappy het sy omset teenoor verlede jaar verdubbel.
Wat is die woordsoort van "verdubbel" in bostaande sin?


63 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 
20 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord
12 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord
5 % (afgerond)gangbare byvoeglike hoofwerkwoord

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die maatskappy het sy omset verdubbel. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties