'n Bywoord modifiseer die werkwoord of 'n byvoeglike naamwoord. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe gaan Doreen kom kuier? Die antwoord: stellig.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
ʼn Samestelling ("gunstelingmusiekgenre") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("gunsteling", "musiek" en "genre") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Joyce het ʼn ........ oproep ontvang.
anonieme anoniem annonieme annoniem
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("anoniem"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
........ Ek het al weer wiskunde gedop! Watter tussenwerpsel sal 'moedeloosheid' uitdruk in bostaande sin?
A nee a! Ai tog... Gmf... Ja-nee
Tussenwerpsels word gebruik om emosies uit te druk. "Ja-nee," betuig rustige, weloorwoë instemming; "Gmf..." druk verontwaardiging of minagting uit, terwyl "A nee a!" gebruik word om ergernis uit te druk.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)