3124 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 07-05-2024 (vlak 3)



vorige toets 07 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 07-05-2024 só ingevul:



Die bestaan wat hulle op die plot voer, is maar baie ........ .


99 % (afgerond)versukkeld 
1 % (afgerond)virsukkeld
versukkild
virsukkild

Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe, hier in die voorvoegsel "ver-".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Sy oë rol in hul ........ soos hy skrik.


1 % (afgerond)kassens
47 % (afgerond)kasse 
53 % (afgerond)kaste
kastens

Die meervoud van die woord "kas" in die betekenis van 'holte', byvoorbeeld "oogkas", en 'betaaltoonbank' is "kasse"; die meervoud in die betekenis van 'klerekas' is egter "kaste".
(Bron: AWS)
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Die dokter het ........ by die baba gediagnoseer.


56 % (afgerond)downsindroom of Downsindroom 
7 % (afgerond)slegs downsindroom
34 % (afgerond)slegs Downsindroom
3 % (afgerond)slegs Down-sindroom

"Down" is 'n persoonseienaam, maar kan in die samestelling met 'n hoof- of kleinletter geskryf word.
Sien ook die bladsy Eienaamverbleking.




As jy skielik ʼn helder streep in die naglug sien, is dit moontlik ʼn ........ wat na die aarde toe val.


36 % (afgerond)meteoor 
3 % (afgerond)meteoriede
57 % (afgerond)meteoriet
5 % (afgerond)meteoroïed

Die woord "meteoor" verwys na 'n klein hemelliggaam oftewel "meteoroïed" wat reeds die aarde se atmosfeer binnegedring het. 'n Ander benaming vir 'n "meteoor" is "'n vallende of verskietende ster". Die woord "meteoriet" verwys na 'n rotsagtige voorwerp wat uit die oorblyfsels van 'n meteoroïed bestaan wat na die aarde geval het.
(Bron: Skryf Afrikaans A to Z - Dalene Müller en Sebastian Pistor)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
59% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties