3380 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 16-01-2020 (vlak 3)



vorige toets 16 JAN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 16-01-2020 só ingevul:



Kort ná die inbraak het twee inspekteurs, by name ........ Aalbrecht en Theron, by my woonstel 'n draai kom maak.


47 % (afgerond)inspe. of insps.
29 % (afgerond)inspp. of insps. 
18 % (afgerond)slegs insp.'s
6 % (afgerond)slegs insp.'e

Wanneer 'n afkorting van 'n meervoudsvorm gemaak word, verdubbel die eindkonsonant van die enkelvoud se afkorting ("inspp."), of word die normale uitgang van die woord aan die afkorting toegevoeg ("insps.") (AWS 3.16 en 3.17).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Identifiseer die FOUT in die volgende sin:
Vandag bak ons kolwyntjies, polvyntjies, makrolletjies en skuimpies.


77 % (afgerond)polvyntjies 
5 % (afgerond)kolwyntjies
2 % (afgerond)skuimpies
16 % (afgerond)makrolletjies

Die korrekte spelling van "polvyntjies" is "polfyntjies". Dit is 'n fyn versierde koekie (volgens die HAT), maar kan ook verwys na 'n geskenkie of voorwerp wat herinneringe aan iets of iemand oproep (volgens die WAT). Moenie "polfyntjie" met "polvy" (verkleinwoord: "polvytjie") verwar nie; 'n polvy is die hak van 'n skoen.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Baie mense glo vas aan die ........ om gewig te verloor.


7 % (afgerond)lae koolhidraat, hoë vet dieet
17 % (afgerond)lae-koolhidraat- hoë-vet-dieet
67 % (afgerond)laekoolhidraat-hoëvetdieet  
8 % (afgerond)lae koolhidraat, hoë vet-dieet

By samestellende samestellings, byvoorbeeld "laekoolhidraatdieet", kom daar nie 'n koppelteken tussen die byvoeglike naamwoord en die selfstandige naamwoord nie (AWS 12.6). As 'n mens die woorde "en", "of", "per", "tot", "tussen" of "van" kon gebruik, word die deel waar die woord sou inkom met 'n koppelteken vas geskryf (AWS 12.7).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Frankryk se ambassadeur ........ die Verenigde Nasies het 'n beroep op lidlande gedoen om die konflik in die oorloggeteisterde Midde-Ooste op te los.


13 % (afgerond)aan
69 % (afgerond)by 
10 % (afgerond)tot
8 % (afgerond)na

Die ambassadeur "by" die VN, maar "in" 'n ander land en "van" jou eie land.
(Bron: Voorsetselwoordeboek)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties