2220 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 01-08-2025 (vlak 2)



vorige toets 01 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 01-08-2025 só ingevul:



Hierdie apparaat ........ die seine sodat 'n mens 'n duidelike beeld en klank kan verkry.
97 % (afgerond)dekodeer 
1 % (afgerond)dekoddeer
3 % (afgerond)dekoder
dekkoder

In geslote lettergrepe (soos in die woord “dekodeer”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die werk vorder ........ .

1 % (afgerond)met ras skrede
34 % (afgerond)met rasseskrede
1 % (afgerond)met rasskrede
63 % (afgerond)met rasse skrede 

Die bywoord "ras" is 'n deftige sinoniem vir "vinnig". Die uitdrukking "met rasse skrede" beteken dus 'baie vinnig'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die wiskundevraestel was maklik; ek het dit sommer ........ geskryf.
8 % (afgerond)laglag
85 % (afgerond)lag-lag 
7 % (afgerond)lag lag

Reduplikasies, byvoorbeeld “lag-lag”, “nou-nou”, “gou-gou”, word met ’n koppelteken geskryf (AWS 12.14).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Weens stygende koste gaan ons moet besuinig. 'n Sinoniem vir die woord "besuinig" is ........ .
97 % (afgerond)bespaar 
1 % (afgerond)spandabelrig
mededeelsaam
2 % (afgerond)suinig wees

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties