3903 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-08-2019 (vlak 3)



vorige toets 20 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-08-2019 só ingevul:



Die ........ met die skoenlappermotief was vir haar pragtig.


96 % (afgerond)kammetjie 
kammitjie
kamiki
3 % (afgerond)kammietjie

Die [i]-klank word in die verkleiningsuitgang "-etjie" deur "e" weergegee.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Die manlike vorm van "blondine" is ........ .


blont
79 % (afgerond)blonde man 
21 % (afgerond)blondeur

Sommige manlike en vroulike vorms is maklik om af te lei; ander moet egter aangeleer word, byvoorbeeld "blonde man - blondine", "lugwaardin - vlugkelner", "strooimeisie - strooijonker".
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.




Durban is die grootste stad in ........ .


55 % (afgerond)slegs KwaZulu-Natal 
29 % (afgerond)KwaZoeloe-Natal of KwaZulu-Natal
13 % (afgerond)slegs kwaZulu-Natal
3 % (afgerond)slegs KwaZoeloe-Natal

Let op die hoofletter "Z" in die middel van "KwaZulu". Al kan ons "Zoeloe" of "Zulu" skryf om na onder andere die taalnaam te verwys, word die provinsie se naam slegs op een manier geskryf.
Sien ook die bladsy Plekname.




Die Onderwysdepartement het die ........ verander.


76 % (afgerond)kurrikulum 
2 % (afgerond)kurikkullum
13 % (afgerond)kurikulum
8 % (afgerond)kurikullum

In verafrikaanste woorde word die spelling dikwels verander: "curriculum" word "kurrikulum".
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.




TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties