3838 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-09-2019 (vlak 2)



vorige toets 11 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-09-2019 só ingevul:



Ons het altyd 'n ........ vol petrol in die kar vir noodgevalle.


12 % (afgerond)twintigliter-houer
13 % (afgerond)twintig liter houer
7 % (afgerond)twintig liter-houer
68 % (afgerond)twintigliterhouer 

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit 'n woordgroep (telwoord + selfstandige naamwoord) en 'n selfstandige naamwoord.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Duisende mense het hulle ........ met die Nkandlaskandaal te kenne gegee.



misnoo
50 % (afgerond)misnoeë 
50 % (afgerond)misnoë

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. In die oorspronklike Nederlands "misnoegen" word die woord met 'n "g" geskryf. In Afrikaans het die "g" weggeval en die klinker wat daarop volg word met 'n deelteken geskryf om die ekstra lettergreep te behou. Ander voorbeelde hiervan sluit in "genoeë", "bewoë" en "vroeë".
Sien ook die bladsy Deelteken.




Dit is van die ........ belang dat jy jou kind betyds by die skool moet inskryf.


9 % (afgerond)uiterse
1 % (afgerond)uiters
90 % (afgerond)uiterste 

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “van die uiterste belang”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Die hoofstad van Gauteng is ........ .



88 % (afgerond)Johannesburg 
1 % (afgerond)Johanesburg
1 % (afgerond)eGoli
10 % (afgerond)Egoli

Johannesburg is die hoofstad van Gauteng, terwyl Pretoria een van Suid-Afrika se hoofstede is. In die volksmond word Johannesburg dikwels eGoli genoem. Pretoria is deel van die distriksmunisipaliteit van Tshwane.
Sien ook die bladsy Plekname.




TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties