25 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-07-2025 só ingevul:
Namate 'n mens ouer word, ontstaan daar ........ wat betref 'n mens se kragte en gesondheid.
rigressie regresie regressie reggresie
’n Konsonant woorde wat volg op ’n kort vokaal wat die hoofklem van ’n woord dra, word verdubbel (AWS 11.23).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.
Sanet is só opgewonde, sy babbel ........ .
sand-en-land sand en land land en sand land-en-sand
Om "land en sand" te praat, beteken om aanmekaar, sonder ophou te praat. Leer meer oor Afrikaanse idiome by http://www.gesegdes.co.za/idiome/idiome.html
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die Gautengse Departement van Gemeenskapsveiligheid het swak ........ die skuld gegee vir die polisie se mislukte poging om misdaad te bekamp.
polisieintelligensie polisie intelligensie polisie-intelligensie polisieïntelligensie
In sommige samestellings moet 'n mens 'n koppelteken gebruik, byvoorbeeld by opeenhoping van klinkers. As die eerste deel van die samestelling op 'n klinker eindig en die tweede deel met 'n klinker begin, kan 'n mens moontlik die woord verkeerd uitspreek omdat 'n mens die klinkers saamtrek.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Insulien word deur die pankreas afgeskei. 'n Sinoniem vir die woord "pankreas" is ........ .
alvleesklier netvliesklier insulienklier suikerklier
Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. 'n Sinoniem vir "pankreas" is "alvleesklier".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)