3838 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 23-09-2019 (vlak 3)



vorige toets 23 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-09-2019 só ingevul:



Paul Kruger se huis in Pretoria is voorheen as ........ gebruik waar my ouma gebore is.


3 % (afgerond)kramery
86 % (afgerond)kraaminrigting 
10 % (afgerond)kraamhospitaal
1 % (afgerond)geboortehospitaal

Die korrekte woord vir die plek in 'n hospitaal wat spesiaal voorsiening maak vir bevallings en die versorging van pasgebore babas is 'n "kraaminrigting". Die woord "kramery" is 'n ou woord wat 'snuisterye' beteken.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




Idioom: Klein van persoon, maar groot van ........ .


42 % (afgerond)patroon 
57 % (afgerond)vertoon
hormoon
saksofoon

Hierdie idioom beteken 'iemand wat klein van liggaamsbou, maar baie begaaf of ruimhartig is'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die twee skole se ........ kom vanmiddag teen mekaar te staan in wat beloof om 'n titaniese stryd om die provinsiale beker te wees.


5 % (afgerond)onder 13 rugbyspanne
35 % (afgerond)onder-13-rugbyspanne
60 % (afgerond)onder 13-rugbyspanne  

Wanneer die bepaler van 'n samestelling bestaan uit 'n woord of afkorting gevolg deur 'n syfer of simbool, word die woord of afkorting in die bepaler los van die syfer of simbool geskryf. Ander voorbeelde: "art. 21-maatskappy", "tipe A-persoonlikheid" en "vitamien E-tekort".
(Bron: AWS 7.2)
Sien ook die bladsy Samestellings.




"SI" staan vir die ........ .


3 % (afgerond)Internasionale Stelsel van Datums
75 % (afgerond)Internasionale Stelsel van Eenhede 
12 % (afgerond)Internasionale Stelsel van Geldeenhede
9 % (afgerond)Internasionale Stelsel van Getalle

SI is 'n akroniem vir die Internasionale Stelsel van Eenhede (uit Frans: Le Système International d'Unites). Dit is die moderne vorm van die metrieke stelsel en is die wêreld se mees gebruikte stelsel van meting in die alledaagse handel en wetenskap.
Sien ook die bladsy Akronieme.




TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties