3563 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 13-12-2019 (vlak 2)



vorige toets 13 DES Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-12-2019 só ingevul:



Soms is 'n mens gelukkig om jou gemoed en gees vrye ........ te kan gee.


96 % (afgerond)teuels 
1 % (afgerond)teels
1 % (afgerond)teëls
3 % (afgerond)teuëls

Die opeenhoping van die klinkers in die woord "teuel" lewer geen leesbaarheidsprobleme nie en vereis dus nie 'n deelteken nie.
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.




Hy is 'n professor ........ politieke wetenskap.


93 % (afgerond)in 
7 % (afgerond)van
oor
vir

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie.
'n Mens studeer "in" 'n vakgebied en is 'n professor "in" 'n vakgebied.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Ouma Simoné het self ........ nageregte gemaak wat daar op die tafel staan!


28 % (afgerond)aldrie
72 % (afgerond)al drie 

Wanneer "al" en 'n telwoord saam gebruik word, word dit los van mekaar geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Wie gaan vir ons by die vergadering voorsit?
Wat gaan jy vir ons vir aandete voorsit?
Die woord "voorsit" in bostaande sinne is 'n ........ .


8 % (afgerond)poliseem
70 % (afgerond)homoniem 
18 % (afgerond)homofoon
3 % (afgerond)sinoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “voorsit” (‘as voorsitter optree’) en “voorsit” (‘ete bedien’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties