3765 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 15-10-2019 (vlak 3)



vorige toets 15 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 15-10-2019 só ingevul:



Die ou tannie yl soms.
Wat is die woordsoort van die woord "yl" in bostaande sin?


25 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord
7 % (afgerond)bedrywige hoofwerkwoord
4 % (afgerond)statiese hoofwerkwoord
64 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord 

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Piet skop die bal. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die ou tannie yl soms. 'n Mens kan dit maklik vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Hoe?" na die werkwoord is.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Die manlik van "masseuse" is ........ .



massees
9 % (afgerond)masseus
masseer
90 % (afgerond)masseur 

'n "Masseur" is 'n man wat mense wat byvoorbeeld sportbeserings het, masseer.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.




ß-strale ........ dodelik wees.


1 % (afgerond)slegs Kan
94 % (afgerond)slegs kan 
5 % (afgerond)Kan of kan
slegs kunt

Indien 'n sin met 'n syfer, getal of simbool begin, kry die daaropvolgende woord, of die eerste letter daarna, nie 'n hoofletter nie.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Dit klink my julle lê ........ se arms!


1 % (afgerond)immekaar
12 % (afgerond)inmekaar
88 % (afgerond)in mekaar 

Die woorde "in mekaar" beteken 'die een in die ander', byvoorbeeld "in mekaar glo". Die woord "inmekaar" beteken 'met dele onnatuurlik na mekaar getrek', byvoorbeeld: Die man sak van uitputting "inmekaar".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties