3739 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 16-10-2019 (vlak 1)



vorige toets 16 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 16-10-2019 só ingevul:



Waar die president die geld gaan kry om vir die opknappingswerk aan sy woning te betaal is 'n ........ .



12 % (afgerond)staatsgeheimtjie
87 % (afgerond)staatsgeheimpie 
2 % (afgerond)staatsgeheimkie

Woorde wat oop “m” eindig, voorafgegaan deur ’n diftong, of ’n lang “a”, “e”, “o” of “u”, kry “-pie” in die verkleiningsvorm (AWS 15.10).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Delwers het na Johannesburg gestroom om goud te ........ .


2 % (afgerond)graafe
4 % (afgerond)graawe
4 %grafe
90 % (afgerond)grawe 

In oop lettergrepe word die vokale "a", "e", "o" en "u" nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Sy het ........ my aan die tafel gesit.


7 % (afgerond)teen-oor
89 % (afgerond)teenoor 
4 %teen oor

ʼn Samestelling ("teenoor") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("teen" en "oor") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Die wind ........ die wolke see toe.


1 % (afgerond)dreiv
12 %druif
85 % (afgerond)dryf 
3 % (afgerond)dreif


Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".

Sien ook die bladsy Klankverwarring.




TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties