4039 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 29-06-2020 (vlak 2)



Geen vorige toets beskikbaar nie 29 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 29-06-2020 só ingevul:



Leiers van die gemeenskap moet ........ .


93 % (afgerond)'n goeie voorbeeld stel 
by voorbeeld wees
7 % (afgerond)met 'n voorbeeld lei

Party vertalings van Engels na Afrikaans is voor die hand liggend, ander is bietjie moeiliker.
Die Engelse uitdrukking "lead by example" is in Afrikaans "'n goeie voorbeeld stel".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.




Dit is nie so moeilik om " ........ " reg te spel nie.


11 % (afgerond)eposboodskap
58 % (afgerond)e-posboodskap 
26 % (afgerond)e-pos boodskap
4 % (afgerond)epos boodskap

Samestellings is woorde wat uit twee of meer woorddele bestaan. Hierdie soort woorde moet vas geskryf word. Byvoorbeeld: "e-pos" + "boodskap"
Sien ook die bladsy Samestellings.




Daar waai vanaand ʼn ........ windjie.


7 % (afgerond)geniepsigge
3 % (afgerond)genipsige
89 % (afgerond)geniepsige 
geniepsege

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Hoe vertaal ons "a gaggle of geese" in Afrikaans?


14 % (afgerond)'n vlug ganse
18 % (afgerond)'n swerm ganse
35 % (afgerond)'n snater ganse
34 % (afgerond)'n trop ganse 

Ganse, eende, beeste, koedoes, ensovoorts vorm saam-saam 'n trop. Ons kan ook 'n bietjie neerhalend verwys na 'n trop toeriste, studente, joernaliste, ensovoorts.
Sien ook die bladsy Versamelname.




TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties