4034 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 01-07-2020 (vlak 1)



vorige toets 01 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 01-07-2020 só ingevul:



In Londen reis duisende mense daagliks in ........ deur die stad.


4 % (afgerond)mol treine
94 % (afgerond)moltreine 
moltreinens
2 % (afgerond) moltreins

Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is, kry ’n "-e" in die meervoud (AWS 13.2) Hoewel die klem op die eerste lettergreep van die woord "moltrein" val, geld hierdie reël omdat die stam "trein" op sy eie beklemtoon word en op ’n "n" eindig.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Ek is weer ........ gesond.


2 % (afgerond)heultemal
22 % (afgerond)heeltemaal
2 % (afgerond)heultemaal
74 % (afgerond)heeltemal 

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "heultemal" in plaas van die korrekte "heeltemal".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Ek dra altyd ’n ........ by my as ons gaan uiteet.


1 % (afgerond)tand stokkie
93 % (afgerond)tandestokkie 
3 % (afgerond)tande stokkie
3 % (afgerond)tande-stokkie

ʼn Samestelling ("tandestokkie") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("tand" en "stokkie") bestaan. Die "e" is ’n verbindingsklank. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Gerrit het ’n nuwe ........ vir Kersfees gekry.


8 % (afgerond)kwarts-horlosie
33 % (afgerond)kwartshorlosie of kwartsoorlosie
55 % (afgerond)kwartshorlosie 
4 % (afgerond)kwartsoorlosie

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "horlosie" kom uit Grieks. Die ou spelling "oorlosie" word nie meer erken nie.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.




TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties