4039 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 01-07-2020 (vlak 3)



vorige toets 01 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-07-2020 só ingevul:



Om te gesels ........ is lekker.


68 % (afgerond)geen leesteken 
31 % (afgerond),
1 % (afgerond)-

Tussen die infinitiefskonstruksie "om te" en 'n ander (koppel-)werkwoord is 'n komma nie nodig nie.
Sien ook die bladsy Komma.




Die vakansieoord het vyf nuwe ........ vir die chalets gekoop.


22 % (afgerond)regop-enkeldeurkoelkaste
44 % (afgerond)regop enkeldeurkoelkaste 
31 % (afgerond)regopenkeldeurkoelkaste
2 % (afgerond)regop enkeldeur koelkaste

Die begrip "regop enkeldeurkoelkaste" is nie 'n samestellende samestelling nie, aangesien die byvoeglike naamwoord "regop" na die stam van die woord "kas" verwys. Die begrip word dus los geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Job se lewe het gespreek van ........ .


29 % (afgerond)Godvresendheid of godvresendheid
24 % (afgerond)slegs Godvresendheid
47 % (afgerond)slegs godvresendheid 

Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




As daar te veel mense by 'n projek betrokke is, sê ons in die idioom: "Te veel kokke bederf die ........ ."


6 % (afgerond)pap
35 % (afgerond)bredie
27 % (afgerond)sop
32 % (afgerond)bry 

In Engels is die idioom: "Too many cooks spoil the broth." Bry is 'n soort pap. Leer meer oor Afrikaanse idiome by http://www.gesegdes.co.za/idiome/idiome.html.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
48% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties