4039 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-07-2020 (vlak 3)



vorige toets 08 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-07-2020 só ingevul:



'n Universiteit met woongeriewe vir studente noem ons 'n ........ universiteit.


11 % (afgerond)residensieële
1 % (afgerond)residensieele
1 % (afgerond)residensiele
87 % (afgerond)residensiële  

Alhoewel "residensieel" nie 'n deelteken kry nie, kry dit wel een wanneer dit in die attributiewe posisie gebruik word.
Sien ook die bladsy Deelteken.




Liefhebbers van ........ kan die naweek uitsien na rugby, sokker en krieket.


1 % (afgerond)man-sport
54 % (afgerond)mansport 
3 % (afgerond)mans-sport
43 % (afgerond)manssport

Samestellings met die woord "sport" kry nie in Afrikaans 'n verbindingsklank nie. By samestellings wat nie 'n verbindingsklank neem nie, is dit 'n fout indien dit wel met 'n verbindingsklank geskryf word (AWS 19.12).
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




Die ........ en swaarddansers het groot aandag by die talentkompetisie gekry.


50 % (afgerond)vuureters  
46 % (afgerond)vuurspuwers
4 % (afgerond)vuurspuwendes

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “vuureter”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter. Goëlaars wat vlamme insluk, woord "vuureters" genoem.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Persoonsname.




Idioom: Met die ........ in die bos huil.


15 % (afgerond)jakkalse
3 % (afgerond)uile
79 % (afgerond)wolwe 
3 % (afgerond)honde

Hierdie idioom beteken 'maak soos jou maats maak'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties