3149 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 30-04-2024 (vlak 3)



vorige toets 30 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 30-04-2024 só ingevul:



Ons moet hierdie oorwinning met 'n glasie sjampanje ........ .


vuur
fuur
2 % (afgerond)fier
98 % (afgerond)vier 

Jy "vier" iets wanneer jy gelukkig is oor iets, en jy is vol trots wanneer jy "fier" en regop loop.
Sien ook die bladsy Homofone.




Prof. Wissing se twee ........ is hoofsaaklik fonetiek en Afrikaanse fonologie.


85 % (afgerond)nisse 
12 % (afgerond)niste
3 % (afgerond)nise

'n "Nis" is 'n spesialisgebied, die area waarin iemand 'n kundige is. Oorspronklik het die woord "nis" verwys na 'n holte in 'n muur. Metafories verwys 'n spesialis se nis dus na daardie holte wat hy/sy vir hom/haar uitgekap het.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Die Flaviese amfiteater in Rome staan bekend as die ........ .


1 % (afgerond)Colosium
24 % (afgerond)Collosseum
2 % (afgerond)Colossium
73 % (afgerond)Colosseum 

Die Colosseum (of Kolosseum; soms ook Coliseum) is gebou onder keisers Vespasianus en Titus en in 80 n.C. ingewy. Dit is genoem na die colossus of reusestandbeeld van Nero wat daarby gestaan het.
Deur eienaamverbleking verwys "colosseum" (met 'n kleinletter) ook na enige groot skouburg.
Bron: WAT

Sien ook die bladsy Eienaamverbleking.




........ my dat ek vandag melk moet koop.


3 % (afgerond)Herhinner
91 % (afgerond)Herinner 
7 % (afgerond)Onthou
Ondhou

In hierdie geval word "herinner" gebruik. As jy sê: "Onthou my", beteken dit dat jy daardie persoon self nie moet vergeet nie.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties