08 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-04-2021 só ingevul:
Die bank het my huis ........ .
hergewaardeer herwaardeer herwaardeer of hergewaardeer herwaardeer of geherwaardeer
Woorde wat met "her-" begin neem nie gewoonlik 'n "ge-" in die verlede tyd nie. Daar is egter 'n paar uitsonderings wat naas die basisvorm ook "ge-" in die verlede tyd kan neem, soos "herwaardeer" of "geherwaardeer", "hereksamineer" of "gehereksamineer", en "herdefinieer" of "geherdefinieer".
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Die optimale benutting van datalêers in 'n organisasie staan as ........ bekend.
dataontginning of data-ontginning dataöntginning slegs data-ontginning slegs dataontginning
’n Opeenhoping van vokale tussen dele van ’n samestelling bring nie noodwendig leesbaarheidsprobleme mee nie en ’n koppelteken is dus onnodig, byvoorbeeld “dataontginning”, “naoorlogs”, “pouoogmot”. Indien die leser dit egter vind dat 'n koppelteken leesbaarheid sal verbeter, kan dit wel ingevoeg word (AWS 12.1a).
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.
Ons moet ........ huis toe voor ons natreën.
foetslaan voetslaan voet slaan voet-slaan
ʼn Samestelling ("oogarts") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("voet" en "slaan") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Nadat ons al die data versamel het, kan ons begin om dit te ontleed en gevolgtrekkings te maak. 'n Sinoniem vir die woord "data" is ........ .
rekenaars geskrifte dokumente gegewens
Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Sinonieme vir die woord "data" sluit in "gegewens", "feite, "besonderhede".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)