3795 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-04-2021 (vlak 1)



vorige toets 08 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 08-04-2021 só ingevul:



Die afgevaardigdes woon die ........ in Turkye by.


2 % (afgerond)beiëenkoms
1 % (afgerond)bei-eenkoms
96 % (afgerond)byeenkoms 
by-eenkoms

Wanneer vokale langs mekaar staan wat tot verskillende lettergrepe behoort nie leesbaarheidsprobleme veroorsaak nie, is ’n koppelteken nie nodig nie, byvoorbeeld "byeenkoms", "naywer", "sakeagenda", "vakansieoord" AWS 12.1a).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Nico se been was erg beseer ........ nogtans het hy die wedloop voltooi.


7 % (afgerond)geen leesteken
40 % (afgerond); 
1 % (afgerond):
52 % (afgerond),

'n Kommapunt kom gewoonlik in die middel van 'n sin voor waar daar 'n belangrike verband tussen die dele voor en ná die kommapunt is, selfs al lyk die twee sinne na volwaardige sinne wat ook los van mekaar sou kon staan.
Sien ook die bladsy Kommapunt.




Idioom: 'n Stok in die ........ steek.


2 % (afgerond)kierie
92 % (afgerond)wiel 
5 % (afgerond)pad
1 % (afgerond)gat

Hierdie idioom beteken 'om 'n saak te bederwe'.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




'n Spinnekop van die orde Solifugae staan algemeen bekend as 'n ........ .


19 % (afgerond)Baarskeerder
4 % (afgerond)Baard-skeerder
2 % (afgerond)baard-skeerder
75 % (afgerond)baardskeerder 

Dié harige spinnekop het 'n klomp name in Afrikaans: rooiroman, roman, romanspinnekop, spekvreter, vetvreter, jagspinnekop, jaagspinnekop, baardskeerder, haarskeerderspinnekop of haarsnyer.
Algemene name van insekte, spinnekoppe en ander goggas begin met kleinletters.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties