01 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 01-03-2021 só ingevul:
Om met die speletjie te begin moet jy die dobbelstene ........ .
skommil skomil skommel skomel
’n Konsonant in eg Afrikaanse woorde wat volg op ’n kort vokaal wat die hoofklem van ’n woord dra, word verdubbel (AWS 11.23).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.
Die ........ vent dink klaarblyklik hy kan almal hiet en gebied.
vermeetele vermetel vermetele vermetelde
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("vermetel"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die dag in die middel van die week staan bekend as ........ .
Wunsdag Woensdag woensdag wunsdag
Die dae van die week ("Woensdag"), name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.
Die woord "laksman" in die volgende twee sinne is ’n ........ . Die buurman het as laksman verskeie doodsvonnisse voltrek. Die laksman is bekend daarvoor dat hy insekte aan drade vasmaak.
sinoniem antoniem homoniem homofoon
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "laksman" (‘iemand wat die doodsvonnis uitvoer’) en "laksman" (‘’n soort voël’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)