2212 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 23-07-2025 (vlak 2)



vorige toets 23 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 23-07-2025 só ingevul:



Sommige krappe versnipper ........ en ander plante voordat hulle te vreet.
94 %seewier 
5 % (afgerond)seëwier
1 % (afgerond)see-wier
see wier

ʼn Samestelling (“seewier”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“see” en “wier”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



"Maak jou vriendelikheid goedkoop en jou vriendskap duur." ........ C.J Langenhoven.
10 % (afgerond)punt
44 % (afgerond)geen leesteken
7 % (afgerond)komma
38 % (afgerond)aandagstreep 

Ons gebruik 'n aandagstreep na 'n aanhaling en voor die outeur se naam.
(AWS13.3)
Sien ook die bladsy Lees-/skryftekens.



Jy vry verniet na Hannetjie; Pieter het haar klaar ........ .
3 % (afgerond)geraam
19 % (afgerond)skuinsoor gesny 
58 % (afgerond)gering
19 % (afgerond)blinkoog gemerk

Die uitdrukking "om 'n nooi/kêrel skuinsoor te sny" is 'n outydse idioom wat beteken 'om vir jou 'n meisie/ou toe te eien'. Dit het ontstaan na aanleiding van die praktyk om vee se ore op 'n unieke manier te sny om die besitter aan te dui.
In Engels sê 'n mens: "lay claim to a person".

(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die enigste land waar ........ 'n amptelike taal is, is Israel.
23 % (afgerond)Hebreeus of Hebrews
1 % (afgerond)Hebrews
76 % (afgerond)Hebreeus  
hebrews

Taalname begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
57% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties