22 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-07-2025 só ingevul:
Die span het hul opponente ........ .
geoorwin oorgewin oorwin
Werkwoorde wat uit meer as een lettergreep bestaan waarvan die klem nie op die eerste lettergreep val nie, kry nie ’n “ge-“ in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Hy was ........ verbaas om haar te sien.
idwat itwat ietwat iedwat
In woorde van eg Afrikaanse herkoms skryf ons die [i]-klank met "ie" (AWS 16.7).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Dis Kersfees en Christene herdenk die ........ se geboorte.
heiland Heilant Heiland heilant
Verwysings na die Opperwese word met ’n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Sommige boere hou deesdae ........ aan om hul skape teen roofdiere te beskerm.
lamas lamas of llamas lammas llamas
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld "llama – lama", "Mexiko – Meksiko", "restaurant – restourant", "meestal – meesal".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)