26 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-05-2022 só ingevul:
Ek wil bietjie biltong by die ........ gaan koop.
slag-huis slag huis slaaghuis slaghuis
ʼn Samestelling ("slaghuis") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("slag" en "huis") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Hiert! So 'n klein ........ kan seer byt!
vlooikie vlooi'tjie vlooi'kie vlooitjie
Die verkleinwoorde van woorde wat op "i", "o" of "u" eindig, maar waarvan die klank deel van 'n diftong vorm, kry nie afkappingstekens nie.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.
Ek is bevoorreg om elke oggend met die gesing en ........ van voëltjies wakker te word.
geseur gesis gesanik getjirp
Voëls tjirp, sing of kwetter.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Daar was gereeld ........ op my oupa se plaas toe ons daar gekuier het.
Jakkalse Jakhalse jakhalse jakkalse
Die gewone benamings van plante en diere begin met kleinletters. Hoewel die woord jakkals in Nederlands "jakhals" met 'n h gespel word, kry dit in Afrikaans twee k's. Ons sien nog die ou Nederlandse spelling soms in plekname soos Jakhalsdraai.
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)