23 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 23-07-2025 só ingevul:
Sommige krappe versnipper ........ en ander plante voordat hulle te vreet.
seewier seëwier see-wier see wier
ʼn Samestelling (“seewier”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“see” en “wier”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
"Maak jou vriendelikheid goedkoop en jou vriendskap duur." ........ C.J Langenhoven.
punt geen leesteken komma aandagstreep
Ons gebruik 'n aandagstreep na 'n aanhaling en voor die outeur se naam. (AWS13.3)
Sien ook die bladsy Lees-/skryftekens.
Jy vry verniet na Hannetjie; Pieter het haar klaar ........ .
geraam skuinsoor gesny gering blinkoog gemerk
Die uitdrukking "om 'n nooi/kêrel skuinsoor te sny" is 'n outydse idioom wat beteken 'om vir jou 'n meisie/ou toe te eien'. Dit het ontstaan na aanleiding van die praktyk om vee se ore op 'n unieke manier te sny om die besitter aan te dui. In Engels sê 'n mens: "lay claim to a person".
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die enigste land waar ........ 'n amptelike taal is, is Israel.
Hebreeus of Hebrews Hebrews Hebreeus hebrews
Taalname begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)