2826 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-02-2024 (vlak 2)



vorige toets 26 FEB Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-02-2024 só ingevul:



Die griep maak my miserabel.
Wat is die woordsoort van "miserabel" in bostaande sin?


13 % (afgerond)selfstandige naamwoord
32 % (afgerond)bywoord 
46 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
9 % (afgerond)werkwoord

'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n byvoeglike naamwoord. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe maak griep jou? Die antwoord: miserabel.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Charl soek alewig ........ by die onderwysers.



witvoeikie
5 % (afgerond)wit voetjie
95 % (afgerond)witvoetjie 
wit voeikie

Byvoeglike naamwoorde (soos “wit” of “warm”) word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos “voetjie” of “kos”) geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.




Die dogtertjie gaan nou vir ons 'n ........ sing.


slegs liekie
slegs lietjie
4 % (afgerond)liedjie of lietjie
96 % (afgerond)slegs liedjie 

Alle woorde wat eindig op ʼn “d” of ʼn “t” kry “-jie” in die verkleiningsvorm (AWS 17.4).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Idioom: Nie 'n ........ se kans hê nie.


94 % (afgerond)kat 
3 % (afgerond)muis
3 % (afgerond)kraai
1 % (afgerond)hond

Hierdie idioom beteken 'geen kans op sukses hê nie'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties