2826 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-02-2024 (vlak 1)



vorige toets 26 FEB Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-02-2024 só ingevul:



Ons mag môre ........ klere aantrek skool toe.


9 % (afgerond)sifiele
3 % (afgerond)siviel
86 % (afgerond)siviele 
2 % (afgerond)sifiel

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Ek gaan my geld in ........ belê.


2 % (afgerond)effektens
4 % (afgerond)effekke
92 % (afgerond)effekte 
2 % (afgerond)effekens

Sommige meervoude soos "effekte", "gaste", "nagte" eindig ook op "-e" maar die ekstra "t" is deel van die oorspronklike stam.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




As die ........ wil, sal sy gesond word.


17 % (afgerond)Heere
here
heere
83 % (afgerond)Here 

Verwysings na die Opperwese word met ’n hoofletter gespel.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Die woord "getik" in die volgende twee sinne is ’n ........ .
"Ek het gister al vir meneer die brief getik."
"Is jy getik?"


5 % (afgerond)sinoniem
83 % (afgerond)homoniem 
10 % (afgerond)homofoon
2 % (afgerond)antoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "getik" (‘met ’n tikmasjien skryf’) en "getik" (‘versteurd’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties