Iemand wat die toekoms voorspel deur die stand van die sterre te bestudeer, noem ons ʼn ........ .
astronout sterrewiggelaar
astronoom
astrologikus
ʼn Sterrewiggelaar word ook ʼn astroloog genoem; ʼn sterrekundige is ʼn astronoom; ʼn ruimtevaarder is 'n astronout. (Bron: Die Afrikaanse Makro Gids - I Uys)
Ons gaan hierdie vakansie ........ besoek.
Meer Victoria
Meer Viktoria
Viktoriameer die Victoriameer
Die grootste meer in Afrika is die Victoriameer (https://af.wikipedia.org/wiki/Victoriameer). Om daarna te verwys as "Meer Victoria", word as anglisisties beskou.
Sien ook die bladsy Anglisismes.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)