3135 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 03-05-2024 (vlak 2)



vorige toets 03 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 03-05-2024 só ingevul:



Hoeveel kry jy as jy 4 met 8 ........ ?


1 % (afgerond)vermenigfuldig
fermenigvuldig
99 % (afgerond)vermenigvuldig 
fermenigfuldig

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Idioom: In 'n mens se eie huis ........ die klok die mooiste.


35 % (afgerond)lui
13 % (afgerond)weerklink
26 % (afgerond)tik 
26 % (afgerond)slaan

Die idioom "In 'n mens se eie huis tik die klok die mooiste", beteken ''n Mens is op jou gemak in jou eie huis'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Hulle is nog besig om oor 'n ........ te onderhandel.


1 % (afgerond)vergoedings-pakket
4 % (afgerond)vergoedingpakket
2 % (afgerond)vergoedings pakket
93 % (afgerond)vergoedingspakket 

By sommige samestellings is ’n verbindings-s verpligtend, byvoorbeeld “vergoedingspakket”, “ambagsman”, “denneboom”, “nooiensvan” en “kinderkamer”. Woorde met verbindingsklanke word altyd vas geskryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




Die huis het 'n ........ en onderdakparkering.


97 % (afgerond)motorhek 
3 % (afgerond)moterhek
mooterhek
mootorhek

Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings. Die woord "motor" is afkomstig uit Latyn en beteken 'beweeg'.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.




TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties