25 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-03-2024 só ingevul:
Besoekers word gemaan om die terrein ........ te benader.
versigtig
omsigtig
Die woorde "versigtig" en "omsigtig" is grootliks sinonieme, maar "omsigtig" word meer figuurlik gebruik en beteken 'met oorleg', 'nie halsoorkop nie', byvoorbeeld 'n delikate situasie. Die woord "versigtig" beteken 'behoedsaam om gevare of probleme te vermy'. (Bron: Skryf Afrikaans)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Die kwessie het vanjaar weer in die soeklig ........ .
gekom
beland
ingekruip
geplaas
Ons sê "in die soeklig kom", maar "onder die vergrootglas plaas". Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “rasend honger”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
In hierdie kursus behandel ons die persoon en rol van die profeet in die ........ beskawings.
Afleidings van woordgroepe van eiename word los geskryf (AWS 9.19).
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Waarvoor staan die afkorting "kW"?
kworum
kwart kilowatt
kwadraat
Die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls het 'n omvattende lys met afkortings in Afrikaans. Jy kan ook vir afkortings soek op www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Afkortings.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)