21 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-07-2025 só ingevul:
Daar is te veel ........ in dié skildery.
gêel geël geel gel
In geslote lettergrepe word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Mahler se tweede simfonie is ’n ........ werk.
omvangreike omvangryke omvangreik omvangryk
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("omvangryk"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die nuwe ........ word môre bekendgemaak.
voorsitters Voorsitters Voorsitters of voorsitters
Wanneer 'n ampsbenaming ("voorsitter") of die naam van 'n instelling 'n algemene verwysing is, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
Was jy al tevore hier? ’n Sinoniem vir "tevore" is ........ .
moontlik nooit later voorheen
Sinonieme ("tevore en voorheen") is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)