2209 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 22-07-2025 (vlak 3)



vorige toets 22 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 22-07-2025 só ingevul:



Die koejawels wat my sussie gebring het, smaak ........ .
vranck
77 % (afgerond)vrank 
22 % (afgerond)frank
franck

"Frank" verwys na die ou Franse geldeenheid, terwyl "vrank" na 'n slegte of onaangename smaak verwys.
Sien ook die bladsy Homofone.



Jan en Marike het albei droombeelde van 'n toekoms saam, maar hulle onderskeie ........ verskil hemelsbreed van mekaar.
74 % (afgerond)utopieë 
6 % (afgerond)utopiëe
15 % (afgerond)utopië
4 % (afgerond)utopies

Wanneer 'n woord reeds op 'n "e" eindig (soos "utopie") en sy meervoud deur die toevoeging van 'n "-e" gevorm word, kry daardie "-e" 'n deelteken.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die universiteite se hoofamptenare word ........ genoem.
61 % (afgerond)rektore 
35 % (afgerond)rektore of Rektore
4 % (afgerond)Rektore

Wanneer 'n ampsbenaming ("rektor"), of die naam van 'n instelling ("universiteit"), 'n algemene verwysing is, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



Ek sal die baas pols om te hoor of ons Vrydag vroeër kan huis toe gaan.
Die dokter neem die pasiënt se pols.
Die woord "pols" in bostaande sinne is 'n ........ .
18 % (afgerond)homofoon
antoniem
9 % (afgerond)homograaf
73 % (afgerond)homoniem 

Homonieme is woorde met dieselfde uitspraak en spelling, maar verskillende betekenisse het.
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties