28 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-08-2024 só ingevul:
Liefhebbers van ........ kan die naweek uitsien na rugby, sokker en krieket.
mansport
man sport
mans sport
manssport
Samestellings met die woord "sport" kry nie in Afrikaans 'n verbindingsklank nie. By samestellings wat nie 'n verbindingsklank neem nie, is dit 'n fout indien dit wel met 'n verbindingsklank geskryf word (AWS 19.12).
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Hoeveel ........ is daar by die geleentheid.
bydraes
bydraës
bydra's
beidras
Die “ae”-verbinding in eg Afrikaanse woorde kry nie ’n deelteken nie (AWS 5.9).
Sien ook die bladsy Deelteken.
As jy in jou noppies is met iets, sê ons in die idioom: "Die kind se naam is ........ ".
Groot Gert Wit Willem
Wilde Willemien
Mooi Mina
As jy in jou noppies is as iets afgehandel is, sê ons in die idioom die kind se naam is Wit Willem, of Adoons. Leer meer oor Afrikaanse idiome by http://www.gesegdes.co.za/idiome/idiome.html
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Rusland en ........ is weer haaks oor die voorsiening van gas aan die res van Europa.
slegs Oekraïne
die Oekraïene of Oekraïene
slegs die Oekraïne
die Oekraïne of Oekraïne
Name van onafhanklike lande word nie voorafgegaan deur die lidwoord "die" nie. Ons skryf dus "Kongo" (en nie "die Kongo" nie) en "Soedan" (en nie "die Soedan" nie). Lees meer oor Oekraïne by: https://af.wikipedia.org/wiki/Oekraïne
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)